KRIEKET – Die wedstryd tussen Sri Lanka en Bangladesh wat bloot van akademiese belang was het gister vir hoogdrama gesorg toe die veteraan van Sri Lanka krieket Angelo Mathews uitgee is nadat hy te lank getalm het om die kolfkampie te bereik het om sy eerste aflewering te trotseer.

Mathews het gevra om sy kopskerm om te ruil voor hy moes slag bied teen Bangladesh se veteraan Shakib Al Hasan maar was nie binne 2 minute gereed om die eerste aflewering te ontvang nie.

Hasan was toe in gesprek met die skeidsregter Marais Erasmus wat Mathews toe volgens die reëls uitgegee het.

‘n Ontstoke Mathews is toe van die veld af maar het darem later terugbetaling gekry deur met sy boulwerk ook die paaltjies van Hasan en Shanto te kon plattrek alhoewel Bangladesh uiteindelik die kragmeting met 3 paaltjies kon wen.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×