Die Proteas het weer ‘n besonderse dag van krieket beleef op dag twee van die tweede toetswedstryd teen Bangladesh in Chattogram.

Die veelsydige Wiaan Mulder het die derde Suid-Afrikaanse kolwer geword om sy eerste toets honderdtal te maak in die eerste kolfbeurt na Tony de Zorzi en Tristan Stubbs.

Aiden Markram het na Mulder sy mylpaal bereik het hul beurt gesluit verklaar op 575 / 6.

Die Suid-Afrikaanse boulers Kagiso Rabada, Dane Paterson en Keshav Maharaj het toe Bangladesh onder groot druk geplaas met die gasheer wat gesteier het op 38 / 4 voor uitskeityd.

De Zorzi het na die dag se spel met die media gesels en gesê hulle tydsberekening met wanneer hulle die beurt gesluit verklaar het was perfek:

LUISTER: De Zorzi gesels met media na dag se spel.

error: Inhoud is beskerm !!