KRIEKET – Bangladesh het ook maklik klaargespeel met Ierland in die o.19 Wêreldbeker-toernooi op die Mangaung Ovaal en met 6 paaltjies gewen.

Ierland kon net 235 / 8 aanteken met Kian Hilton wat 90 lopies bygevoeg het. Die Jong Tiere het versigtig begin maar stelselmatig beheer oorgeneem en die wenteiken in die 47ste boulbeurt bereik.

In die ander wedstryd wat in Kimberley gespeel is het Australië met 4 paaltjies teen Namibië geseëvier. Die Arende was almal uitgehaal vir 91 maar daarna met uiters gedissiplineerde boulwerk hul teenstanders vir elke lopie laat sweet.

Die Aussies se nommer 3 kolwer Hugh Weibgen was egter die held met sy bydrae van 39 nie uit nie  toe hy die wenlopies geslaan het van die voorlaaste aflewering in die 20ste beurt.

*In vandag se bepalings speel die Jong Proteas teen Engeland terwyl Afghanistan en Nieu-Seeland ook kragte sal meet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×