Die Poteas het vroeg toegeslaan in die eerste toets teen Bangladesh in Mirpur en die tuisspan op Dag 1 vir ’n karige 106 uitgenkikker.

Kagiso Rabada, Wiaan Mulder en Keshav Maharaj het elk drie paaltjies geneem vir  82 terwyl Danie Piedt ook een kolwer laat terugstap het vir 19 lopies.

Die Proteas se toporde het ook nie veel beter gevaar nie en was aan die einde van die dag spel ietwat in die knyp op 140 / 6. Die Tiere se linkerhandse draaibouler Taijul Islam het baljaar onder die kolwers en 5 / 49 platgetrek.

Kyle Verreyne en Mulder sal Suid-Afrika se beurt kom voortsit en probeer om so vroeg as moontlik ’n voorsprong te bou en die druk terug op die Tiere te plaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×