Die Engelse krieketspeler Ben Stokes gaan vanjaar se SA20-toernooi weens ‘n geskeurde dyspier misloop.
Stokes het onlangs ‘n operasie ondergaan na hy die besering opgedoen het in ‘n toetswedstryd teen Nieu-Seeland in Desember.
Die 33-jarige was veronderstel om vir MI Cape Town te verteenwoordig maar hy word nou vervang deur Sediqullah Atal van Afghanistan.
Die 2025 SA20-toernooi begin Donderdag met MI Cape Town wat in Gqeberha gaan kuier by die verdedigende kampioene die Sunrisers Eastern Cape.