KRIEKET – Die Black Caps en Proteas is tans in ‘n wipplank-stryd gewikkel op Dag 4 in die 2de toets In Hamilton.
Die besoekers se 2de kolfbeurt het in duie gestort nadat David Bedingham uitgehaal is met sy telling op 110. Die laaste 4 paaltjies het net 16 lopies opgelewer en was die span uitgehaal vir 235.
Die tuisspan jaag tans ’n teiken van 267 met kaptein Kane Williamson wat die Nieu-Seelanders weer terug op koers gekry met nog ’n groot beurt en benodig die Swart Pette tans minder as 100 lopies om die reeks met 2 – 0 te beklink.
*Nieu-Seeland het vroeër vanoggend die toets met 7 paaltjies gewen na nog ‘n skitterbeurt deur die kaptein Kane Williamson met 133*.
**Die Protea vrouespan is egter diep in die moelikheid teen Australië in die Enigste Toets op die WACA in Perth nadat die Suid-Afrikaners vir net 76 uitgeknikker is in hul 1ste beurt.
Die Aussies het vroeg gesteier op 12 / 3 maar ’n venootskap van 155 lopies tussen Beth Mooney en kaptein Alyssa Healey het die Suid-Afrikaners se energie op ’n snikhete dag getap.
Healy is uiteindelik uitgehaal vir 99 lopies deur Delmari Tucker wat in haar kolfbeurt ook vir ’n goue eendjie moes terugstap.
Diè toets eindig Maandag.