KRIEKET – Nieu-Seeland het die verdedigende kampioen Engeland uit die pad gevee in die openingsdwedstryd van krieket wêreldbeker-toernooi wat gister in Indië begin het.

Die Engelse het 282 / 9 in hul 50 beurte aangeteken met Joe Root wat 77 kon bydra. Daarna was dit egter ’n briljante nuwe rekordvennootskap van 283 lopies tussen Devon Conway en Rachin Ravindra wat die Engelse boulers feitlik na elke hoek van die Narendra Modi-stadion geslaan het met tellings van 152 en 123 onderskeidelik.

In vandag se bepalings speel die 1992 wêreldkampioen Pakistan teen Nederland met diè wedstryd wat ook om 10:30 vanoggend begin.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×