KRIEKET – Die Proteas het in hul opwarmingswedstryd voor die WB-kriekettoernooi wat Donderdag begin met 7 lopies teen die Black Caps volgens die DLS-metode vasgeval.
Nieu-Seeland het in hul 50 beurte ’n groot telling van 321 / 6 aangeteken met die Suid-Afrikaans gebore Devon Conway en kollega Tom Latham wat goeie bydraes gemaak het van onderskeidelik 78 en 52.
Toe die reën begin uitsak was Suid-Afrika se wenteiken na 218 lopies in 37 beurte aangepas. Quinton de Kock het 84 aangeteken en ook goeie ondersteuning van Rassie van der Dussen ontvang het met sy 51 lopies van 56 aflewerings.
Die einste Nieu-Seeland sal ook Donderdag hul Wêreldbeker veldtog loots waar hul teen die verdedigende kampioen Engeland te staan sal kom.
Diè wedstryd begin om 10:30 (SA Tyd)