KRIEKET – Na ’n afwesigheid van 12 maande uit internasionale eendag krieket gaan Nieu-Seeland se sterbouler Trent Boult nog vir oulaas probeer om diè gesogte Wêreldbeker-trofee vir die Black Caps te help inpalm.
Die 34-jarige Boult wat sy internasionale loopbaan op ys geplaas het om meer tyd met sy familie te spandeer is net betyds terug om sy land te help om vir ‘n 3de keer deur te dring na die eindstryd.
Nieu-Seeland was in 2019 oppad na ‘n 1ste Wêreldbeker-trofee maar is deur Engeland in ’n super boulbeurt getroef.
Boult sal egter hierdiè keer sake wil regstel wanneer die einste Engeland en die Swart Pette mekaar in die openingswedstryd op die 5de Oktober in die Narendra Modi Stadion die stryd gaan aansê.