Die Protea kolwer, Matthew Breetzke, het nog geskiedenis gemaak in die span se ses-paaltjie nederlaag teen Pakistan – maar kan ook moontlik in die sop wees by die Internasionale Krieketraad.
Breetzke het in ‘n tweede agtereenvolgende rekord van die Wes-Indiër, Desmond Haynes, verbeter vir die meeste lopies in ‘n Eendagkrieket-debuut waar hy 150 aangeteken het, en het dit Woensdag opgevolg met 82 waar die rekord op 195 gestaan het maar nou verbeter is na 223.
In die “halfeindstryd” Woensdag teen Pakistan het Breetzke en die snelbouler, Shaheen Shah Afridi, met mekaar kontak gemaak in die 28ste boulbeurt toe Afridi terugloop na sy merkie en reguit in die lyn van Breetzke was wat vir ’n enkellopie gehardloop het.
Die twee spelers het daarna ‘n paar keer woorde gewissel wat kan aanleiding daartoe gee dat Breetzke van sy wedstrydgeld kan verloor weens sy gedrag.