Die Protea kolwer Matthew Breetzke het vir Kyle Verreynne vervang as die kaptein van die Suid-Afrikaanse A-span se eendag-groep.
Dit is vir die opkomende reeks teen Sri Lanka se naasbestes.
Verreynne is van die groep vrygestel om krieket te gaan speel vir Nottinghamshire in die Engelse County Kampioenskap en word deur die Noord-Wes Dragons kolwer Meeka-eel Prince vervang.
Die eerste wedstryd sal Saterdag in Potchefstroom beslis word.