KRIEKET – Die 2 veterane van Engeland James Anderson en Stuart Broad maak ‘n terugkeer tot Engeland se span nadat beide in die vorige toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande weggelaat was.

Broad en Anderson wat tussen hulle reeds 1177 paaltjies platgetrek het sal Engeland se boulaanval in die opkomende reeks teen Nieu-Seeland lei terwyl die nuweling Matthew Potts ook speelkans kry nadat Mark Wood , Chris Woakes , Ollie Robinson en Jofra Archer as gevolg van beserings weggelaat was.

Ben Stokes is die nuwe kaptein terwyl die Nieu-Seelander Brendon McCullum die leisels as breier by Chris Silverwood oorgeneem het in die 5-dag formaat.  

Die 1ste toets in die reeks van 3 wedstryde begin later vanmiddag op Lord’s.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×