Die Indiese snelbouler, Jasprit Bumrah, is aangewys as die Internasionale Toetskrieketspeler van die Jaar vir 2024.
Die 31-jarige het die jaar 2024 afgesluit as die bouler met die meeste paaltjies.
Bumrah het 71 paaltjies geneem gedurende die jaar, 19 meer as Engeland se Gus Atkinson wat die tweede meeste paaltjies geneem het.
Volgens Bumrah lê Toetskrieket na aan sy hart en om vereer te word vir sy spel in die langste weergawe van die spel is regtig spesiaal.