KRIEKET ‘n Puik boulspel deur die ervare Indiese snelbouler Jasprit Bumrah kon nie verhoed dat die Kolkatta Knight Riders ‘n  oorwinning van 52 lopies in die Indiese Premier Liga teen die Mumbai Indians behaal het nie.

KKR het eerste gekolf en 165 / 9 aangeteken met Venkatesh Iyer en Nitish Rana wat albei 43 lopies bygedra het. Die ervare Bumrah is toe op die Knight Riders losgelaat waarna hy 5 / 10 in sy 4 boulbeurte laat kantel het.

Mumbai se lopie jaagtog het goed begin met Ishan Khan wat 51 aangeteken het totdat die Aussie kaptein Pat Cummins hul kaarte met syfers van 3 / 22 deurmekaar gekrap het.     

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×