KRIEKET – Die Delhi Capitals was onstuitbaar in hul wedstryd teen die Sunrisers Hyderabad en het maklik met 21 lopies geseëvier.

Die Capitals het eerste gekolf en 207 / 3 aangeteken met die Aussie David Warner wat 92 van 58 balle af  geslaan het terwyl die Windie Rovman Powell self vuur onder die boulers gemaak het met ‘n warrelwind 67 van 35 balle wat 3 viere en 6 sesse ingesluit het.

Aiden Markram en Nicholas Pooran  het met tellings van onderskeidelik 42 en 62 die kastaiings uit die vuur vir die Sunrisers probeer krap maar is die span uiteindelik tot 186 / 8 beperk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×