Yuzvendra Chahal en Marco Jansen het ‘n boulmeesterklas gelewer toe die Punjab Kings ’n totaal van 111 – die laagste totaal in IPL-geskiedenis – verdedig het en die Kolkata Knight Riders met 16 lopies geklop het.
Jansen kon uteindelik spog met syfers van 3 / 17 terwyl Chahal se 4 / 28 die aanslag van die Knight Riders-se lopie-jaagtog gestuit het.
Die Windies se Andre Russell het op nommer sewe ingestap en ’n vinnige 17 aangeteken maar die res van die kolflys het daarna verkrummel tot ’n skamele 95 almal uit in die 16de boulbeurt.
Punjab beklee tans die sesde plek op die punteleer met die Knight Riders twee plekke verder terug.