Die Proteas het hul posisie versterk op Dag Twee van die Boxing Day-toets teen Pakistan by SuperSport Park, Centurion.

News24 berig dat Pakistan teen die einde van die dag op 88/3 gestaan het.

Hulle was twee lopies agter Suid-Afrika se eerste beurt met nog sewe paaltjies oor.

Met die kolf het Corbin Bosch uitgestaan.

Hy het onoorwonne 81 aangeteken, die hoogste telling ooit deur ‘n nommer nege op debuut, en dit met 15 viere.

Bosch het saam met Kagiso Rabada en Dane Paterson ‘n waardevolle bydrae gemaak om Suid-Afrika se telling op 301 te bring.

Dit gee die Proteas ʼn voorsprong van 90 lopies.

NUWE NUUS:

Reën het die wedstryd vertraag, maar nadat die wolke begin oop trêk het rondom 12:30, het die skeidsregters besluit dat spel sal vanaf 13:40 kan voort gaan met 60 bowlbeurte wat oor bly vir die res van die dag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×