KRIEKET – Die Chennai Super Kings het hul plek in die eindstryd van die Indiese Premier Liga bespreek toe MS Dhoni & Kie die Gujarat Titans gister met 15 lopies geklop het.

Die Super Kings het 1ste gekolf en 172 / 7 opgestapel met Ruturaj Gaikwad en Devon Conway wat die fondasie met ’n goeie openingsvennootskap van 87 lopies gelê het.

Net Shubman Gill kon met ’n bydrae van 42 enige weerstand bied nadat Chennai se boulers skitterende lyn en lengtes gehandhaaf het om hul opponente tot 157 almal uit te beperk.

Die Super Kings wat ook nou in hul 10de eindstryd in 14 jaar meeding sal moet wag en sien wie van die Lucknow Super Giants en die Mumbai Indians teen die Gujarat Titans sal speel wat reeds deur is na die halfeindronde.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×