Australië se kaptein Pat Cummins het sy span gelei tot ‘n 1-0 voorsprong in hulle drie wedstryd eendag-reeks teen Pakistan op die MCG.

Pakistan het eerste gekolf het en 203 lopies op die telbord gesit voor almal uitgehaal is.

Australië was op koers na ‘n maklike oorwinning voor Josh Inglis, Marnus Labuschagne en Glenn Maxwell binne vyf aflewerings uithehaal is en die Aussies gesteier het op 139 / 6.

Cummins het egter kopgehou en 32 lopies van 31 balle aangeteken om sy span te help tot ‘n twee paaltjie oorwinning.

Die tweede wedstryd in die reeks sal Vrydag beslis word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×