KRIEKET – D-dag het uiteindelik aangebreek in Bloemfontein wanneer die Internasionale Eendag-reeks tussen die Proteas en Engeland vanmiddag om 13:00 begin.
Engeland sal probeer om vanuit die staanspoor hul stempel op die wedstryd af te druk met kaptein Jos Butler en sy aanvangsvennoot Jason Roy wat weet hoe om die langsteel in te lê terwyl die blitsbouler Jofra Archer ook lippe aflek om sy kartetse op die tuisspan af te vuur.
Die Proteas sal egter nie hande teruggevou sit nie en met Quinton de Kock en Heinrich Klaasen wat self weet waar die grenstou is gaan dit beslis sesse reën terwyl die S.A. sneltrein Anrich Nortjie ook sy voet op die petrol gaan hou wanneer hy gaan inklok met sy aflewerings van digby die 150 km/h merk.
Jou somer van krieket is hier!