Die omstrede Australiese speler David Warner gaan weer ’n span op die veld lei.
Dit kom ses jaar na die Nuweland-balpeuterskandaal teen die Proteas waar Warner ‘n lewenslange verbod op leierskaprolle in Australiese krieket deur Krieket Australië neergelê is.
Daardie verbod is verlede maand opgehef en Warner sal nou die kapteinskap van die Sydney Thunder in die Big Bash T20-liga oorneem.
Volgens die algemene bestuurder van die Sydney Thunder Trent Copeland gaan dit nie net oor Warner – oftewel The Bull soos hy op die veld bekend staan – se loopbaan nie maar oor die nalatenskap wat hy skep vir sy familie en die volgende generasie spelers.