Die Engelse Krieketspeler, Dawid Malan het sy uittrede van internasionale krieket aangekondig.
Malan, wat volgende week sy 37ste verjaarsdag vier, het gesê dat dit ongelooflik was om sy land te kon speel en dat hy dankbaar is dat hy Engeland kon verteenwoordig in al drie weergawes van die spel.
Malan is in Engeland gebore, grootgeword in Suid-Afrika en het skoolgegaan by Paarl Boys High.
Hy is slegs een van twee Engelse kolwers wat ‘n 100-tal kon aanteken in Toets-, Eendag- en T20 krieket – die ander is Jos Buttler.