KRIEKET – Die Proteas het Dinsdag goed teruggeveg in die 2de wedstryd van die eendag-reeks teen Indië en met 8 paaltjies in Gqeberha geseëvier.
Indië is vir 211 uitgehaal waarna Reeza Hendricks met 59 en Speler-van-die-Wedstryd Tony de Zorzi met sy beurt van 119 nie uit nie die platform vir ’n Suid-Afrikaanse oorwinning gelê het.
*Diè reeks is gelykop met 1 – 1 met die 3de wedstryd wat Donderdag in die Paarl gespeel word.