Die Delhi Capitals het sy onoorwonne status in die IPL behou nadat hulle die Royal Challengers Bengalore in hul eie agterplaas geklop het met ses paaltjies.
RCB kon net 163 / 7 bymekaar maak met Kuldeep Yadav en Vipraj Nigam wat briljant geboul het en onderskeidelik 2 / 17 en 2 / 18 in hul vier-beurt skof kon plattrek.
Die Capitals se kolfbeurt het rampspoedig begin en die span het gesteier op 58 / 4 maar dit was KL Rahul wat kom red het met ’n puik onoorwonne beurt van 93 van 53 aflewerings wat sewe viere en ses sesse ingesluit het.
Delhi en die Gujarat Titans is tans op agt ligapunte met RCB, die Punjab Kings en die Super Giants saam op ses punte.