KRIEKET – Die 2024 Vroue T20 Wêreldbeker sal van Bangladesj na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) verskuif word ná burgerlike onrus in die oorspronklike gasheerland.
Die Internasionale Krieketraad (ICC) het in ‘n verklaring gesê die toernooi sal nou tussen 3 en 20 Oktober by twee plekke in die VAE – Dubai en Sharjah – aangebied word.
Bangladesj se voormalige Eerste Minister, Sheikh Hasina Wazed, het bedank en vandeesmaand na Indië gevlug ná weke van dodelike betogings teen die regering.
Geoff Allardice, uitvoerende hoof van die ICC, het gesê: “Dit is jammer om nie die T20 Wêreldbeker vir vroue in Bangladesj aan te bied nie, aangesien ons weet dat die Bangladesj Krieketraad ’n onvergeetlike gebeurtenis sou gehou het.