Die Crowe-Thorpe trofee sal voortaan op die spel wees in toekomstige toetsreekse tussen Nieu-Seeland en Engeland.

Diè trofee is gemaak van die hout wat van die kolwe van die legendariese Nieu-Seelander Martin Crowe en Engeland se Graham Thorpe verkry is wat ook die lopies in hul speeldae laat vloei het.

Crowe het 17 honderdtalle in sy toetsloopbaan aangeteken en kon ook met ’n gemiddelde van 45.36 spog terwyl Thorpe self 16 keer diè drie-syfer totaal kon behaal en sy loopbaan afgesluit het met self ’n skitterende  gemiddelde van 44.66 per beurt.

*Nieu-Seeland pak Engeland van Donderdag af in die eerste toets in Christchurch waarna die reeks verder na Wellington en dan Hamilton verskuif.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×