KRIEKET: Kolkata Knight Riders het seker gemaak van sy plek in Sondag se eindstryd van die Indiese Premierliga na ‘n oorwinning van agt paaltjies oor Sunrisers Hyderabad in die eerste kwalifiseerder wat Dinsdag gespeel is.
Venkatesh en Shreyas Iyer het albei ‘n onoorwonne 50-tal aangeteken nadat die Australiese snelbouler Mitchell Starc drie paaltjies laat kantel het om Sunrisers te help uitboul vir slegs 159. Kolkata het die teiken in die 14de boulbeurt behaal met slegs twee paaltjies plat.
*KKR sal nou moet wag en sien wie hul teenstander in die finaal gaan wees wanneer die Rajashtan Royals en Sunrisers mekaar Vrydag in die 2de kwalifiseerder die stryd gaan aansê.