KRIEKET – Die Proteas het op die wenpad van die T20 WB-toernooi gebly nadat hy Bangladesh in ’n rillerstryd met 4 lopies geklop het.
Suid-Afirka kon net 113 / 6 bymekaarskraap op die veelbesproke New Yorkse kolfblad danksy ’n reddingspoging deur Speler-van-die-Wedstryd Heinrich Klaasen met 46 en David Miller wat weereens bygelas het met ’n waardevolle 29 lopies.
Die Tiere het 11 van die laaste boulbeurt benodig maar die Keshav Maharaj en Aiden Markram kombinasie het van die gevaarlike Mahmadullah met die voorlaaste aflewering ontslae geraak toe Markram ’n briljante vangskoot op die grens geneem het.
*Die Proteas het so te sê hul plek in die Super 8-ronde verseker en speel Saterdag in hul laaste groepwedstryd teen Nepal.