KRIEKET – Die Proteas het hul plek in die halfeindronde bespreek nadat hul die Windies in ’n dramatiese wedstryd met 3 paaltjies geklop het.
Nadat reën spel vroeër onderbreek het was Suid-Afrika se telling na 132 in 17 beurte aangepas maar Marco Jansen het koelkop gebly en met die 1ste bal van die laaste boulbeurt die oorwinning met ’n ses verseël.
*Afghanistan het ook sy T20 Wêreldbeker-veldtog lewendig gehou na hul 1ste sege oor Australiê met 21 lopies in die Super 8 fase van diè kompetisie.
Afghanistan het 1ste gekolf en 148 / 6 op die telbord geplaas waar die openingskombinasie van Gurbaz en Zadran die Aussie boulers kasty het met ’n vennootskap van 118 lopies. Daarna het Rashid Khan se boulers met ’n skitterende vertoning die Australiërs tot 127 almal uit beperk met die veteraan en Speler-van-die-Wedstryd Gulbadin Naib wat 4 kolwers laat terugstap het vir 20 lopies.