KRIEKET – Die Proteas het dit 5 uit 5 teen die VSA in die Super 8 fase van die T20 WB-toernooi gemaak na sy sege van 18 lopies in  Antigua.

Quinton de Kock se kolf was vuurwarm en het die Proteas se toporde die momentum gegee waarvoor hulle lankal voor wag en het 74 lopies van 40 aflewerings gemoker in die totaal van 194 / 4.

Die VSA met die oud-Vrystaat kolwer Andries Gous het ’n loopbaanbeste telling van 80* vir sy aangenome land aangeteken terwyl die Proteas se Kagiso Rabada uiteindelik weer met ’n goeie boulskof beïndruk het en 3 paaltjies laat tuimel het vir net 18 lopies.

*Die Protea vrouespan was egter weer aan die verloorkant na ‘n 2de agtereenvolgende nederlaag teen Indië in die eendagreeks met 4 lopies

Die tuisspan het ’n reuse telling was 325 / 3 opgestapel waarna die Suid-Afrikaners met 321 / 6 geantwoord het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×