Suid-Afrika se o/19 vroue span het hul vasgeloop teen Indië in die T20 Wêreldbeker-eindstryd en met nege paaltjies die onderspit gedelf.
Indië wat die verdedigende kampioen is het Kayla Reyneke se span tot 82 almal uit beperk. Die Jong Proteas het geen antwoord op die briljante draaiboulwerk gehad nie waar veral Trisha Gongadi met syfers van 3 / 15 die lopies laat opdroog het.
Die einste Gongadi het met 44* die kolfaanslag gelei en en met nog 52 aflewerings oor die teiken verbygesteek vir ’n welverdiende tweede wêreldtitel.