KRIEKET: Die Proteas het karakter gewys teen Nederland in ‘n spannende T20 WB-kragmeting in New York en met vier paaltjies die wa deur die drif getrek.

Die Oranje span kon net 103 / 9 opstapel wat grootliks te danke was aan die boulwerk van Ottniel Baartman met syfers van 4 / 11.

Suid-Afrika se lopie-jaagtog het rampspoedig begin en die span was op 12 / 4 kniediep in die moeilikheid maar Tristan Stubbs met 33 en ’n onoorwonne 59 deur David Miller het die Nederlanders se hoop op ‘n derde agtereenvolgende oorwinning teen die Proteas in die wiele gery.

*In die ander wedstryde het Australiè die verdedigende kampioen Engeland met 36 lopies getroef, terwyl die Wes-Indiese Eilande vir Uganda ’n krieketles geleer het en met 134 lopies koning kon kraai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×