KRIEKET – Suid-Afrika se krieketspan is nog segeloos na 3 wedstryde in die Wêreld Kampioenskap vir Legendes wat in Birmingham, Engeland gespeel word.

Die S.A. Legendes het Sondag met 6 paaltjies verloor teen die Wes-Indiese Eilande. Suid-Afrika het 174 / 5 aangeteken met Ashwell Prince wat uitgeblink het met 46*  terwyl Dane Villas ook haastig gekolf het vir sy 44*  van 17 aflewerings.

Die Windies se kaptein en Speler-van-die-Wedstryd Chris Gayle was verwoestend soos in sy vroeë speeldae en het 70 gemoker wat 4 viere en 6 sesse ingesluit het.

Die Suid-Afrikaners het hul 1ste wedstryd teen Engeland met 9 paaltjies verloor en daarna met 104 lopies teen Australië vasgeval.

*Jacques Kallis se span speel Dinsdagaand teen Pakistan wat onoorwonne in diè toernooi is na 4 wedstryde.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×