KRIEKET – Die T20-reeks tussen die Protea Vroue en Indië het gelykop met 1 -1geëindig nadat die tuisspan die laaste wedstryd oortuigend met 10 paaltjies gewen het.

Die Suid-Afrikaners is vir net 84 in die 18de beurt uitgehaal met Tazmin Brits se 20 wat die hoogste telling was. Shafali Verma en Smriti Mandhana het korte mete van die lopiejaagtog gemaak en die wenteiken reeds in die 11de boulbeurt bereik.

Suid-Afrika het die 1ste kragmeting met 12 lopies gewen terwyl die 2de wedstryd geen uitslag opgelewer het nie.

*Die S.A. Legendes het sy kanse lewendig gehou om vir die uitspeelronde van die Wêreld Kampioenskap van Legendes te kwalifiseer toe hy Pakistan met 9 paaltjies in Birmingham, Engeland geklop het.

Pakistan het 210 aangeteken maar Sarel Erwee met 105* en Jacques Snyman se 82*  het Suid-Afrika oor die eindstreep gekry met 9 aflewerings oor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×