KRIEKET: Die gasheerland en debutant in die T20 WB-toernooi die VSA het sy veldtog op ’n sprankelende noot teen Kanada begin en met 7 paaltjies in Texas gewen.

Die gebore New Yorker Aaron Jones wat in Barbados groot geword het was sy span se held toe hy met ’n briljante 94 onoorwonne lopies die wind uit Kanada se seile gehaal het.

Kanada het ’n goeie telling van 194 / 5 aangeteken en was vol vertroue dat hy die vir 1ste keer sy buurman in ’n internasionale wedstryd kon klop maar Jones wat kom kolf het met sy span ietwat in die moeilikheid op 42 / 2 het ander planne gehad.

Hy hou nou die rekord van die 2de  meeste sesse in ’n T20 WB-wedstryd – naamlik 10 – saam met Chris Gayle van die Windies en het ook 4 viere geslaan. Sy kolfvennoot en gewese Knights speler Andries Gous het ook goeie ondersteuning verleen en self 65 lopies bygedra.

*Die Proteas begin hul aanslag op die trofee Maandagmiddag om 16:30 wanneer hulle teen die 2014 wenner Sri Lanka in New York te staan sal kom.

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!