KRIEKET – Die Wes-Indiese Eilande het gewys dat hy sy oog op die T20 Wêreldbeker-titel het nadat hy Afghanistan in wedstryd nommer 40 met 104 lopies gelooi het.
Diè eilandspan het 218 / 5 aangeteken wat grootliks te danke was aan Nicholas Pooran wat geskitter het met sy bydrae van 98 voordat hy uitgehardloop is.
Afghanistan se kolfbeurt het rampspoedig begin en was die span na 17 boulbeurte almal terug in die kleedkamer vir 114 lopies. Die linkerhandse snelbouler Obed McCoy het die beste vir die Windies vertoon en 3 kolwers laat terugstap vir net 14.
*Die Super 8 fase trek Woensdag weg wanneer die Proteas harde bene gaan moet kou teen die VSA wat 2de geëindig het in Groep A.