Die Dolphins is die wenners van die KSA Eendagbeker-reeks nadat hulle die Boland op hulle tuisveld in die Paarl met vier paaltjies kon troef.
Die tuisspan het eerste gekolf en 247 / 8 in hul 50 beurte ingesamel. Ayabulela Gqamane het uitgeblink met 69 terwyl Clyde Fortuin met 54 en Imran Manack aan die einde 50 waardevolle lopies bygedra het.
Die Dolphins het versigtig begin maar dit was Jon-Jon Smuts wat die beurt geanker gehou het met 91 lopies terwyl Khaya Zondo en Hanu Viljoen se bydraes van 45 en 35* die wa vir die besoekers deur die drif kon trek in die laaste boulbeurt van die dag.
In Divisie 2 het die Tuskers en Oos-Kaap linyathi die louere gedeel nadat aanhoudende reën ‘n vroeë einde gebring het aan spel op die Pietermaritzburg Ovaal,