Die Dolphins het hul plek in die KSA eendagbeker eindstryd bespreek nadat hulle Titans met 65 lopies op Kingsmead gestuit het.
Die tuisspan is gevra om eerste kolf en het maar ’n beskeie 228 / 8 op die telbord geplaas met die jong Hanu Viljoen wat uitgeblink het met 57 lopies.
Die Titans se kolfbeurt kon nooit behoorlik vlamvat nie en het op ’n gereëlde grondslag kolwers sien terugstap na die kleedkamer waar die span almal uitgehaal was vir 163 in die 37ste boulbeurt.
Die SA Skole bouler Tristan Luus het beëindruk met syfers van 3 / 48 terwyl die ervare Protea draaier Keshav Maharaj die tuisspan geknoop het met ’n ontleding van 3 / 37 in sy boulskof.
Die Dolphins sal nou reis na die Paarl waar hulle Boland Sondag in die eindstryd gaan ontmoet.
*Ierland se krieketraad het ‘n geskeduleerde reeks teen Afghanistan geskrap weens begrotingsbeperkings.
In plaas daarvan sal Ierland fokus op komende tuis-reekse teen die Wes-Indiese Eilande in Mei en Junie asook Engeland in September.
Krieket Ierland beplan ook om te belê in die opgradering van fasiliteite wat ooreenstem met die regering se verbintenis om ‘n nuwe stadion in Blanchardstown te bou ter voorbereiding van die T20 Wêreldbeker in 2030.