Drie Suid-Afrikaanse vroue krieketspelers is in die T20 Krieket Wêreldbeker se span van die toernooi ingesluit.
Die Protea kaptein Laura Wolvaardt, kolwer Tazmin Brits en draaibouler Nonkululeko Mlaba is almal in die 11-tal ingesluit.
Die Suid-Afrikaanse aanvangskolwers, Wolvaardt en Brits het die toernooi afgesluit as die voorste twee lopiemakers.
Wolvaardt spog met 223 lopies en Brits 187.
Mlaba het intussen die tweede meeste paaltjies gevat gedurende die toernooi, dit 12, en drie minder as Nieu-Seeland se Amelia Kerr.
Kerr, Danni Wyatt-Hodge, Harmanpreet Kaur, Deandra Dottin, Nigar Sultana, Afy Fletcher, Rosemary Mair en Megan Schutt is ook in die 11-tal ingesluit.