KRIEKET – Die Eendag Wêreldbeker skouspel begin ook vandag in Indië met die verdedigende kampioen Engeland wat teen Nieu-Seeland kragte sal meet.
Jos Butler en Kie beskik oor genoeg diepte in die span en word as een van die gunstelinge beskou om sy titel teen die ander 9 lande te verdedig.
Nieu-Seeland wat in 2015 en 2019 in die eindstryd gespeel het sal vandag sonder sy kaptein Kane Williamson en ervare snelbouler Tim Southee moet klaarkom wat nog van onderskiedelik ’n kniebesering en ’n duimoperasie herstel.
Diè wedstryd begin om 10:30 vanoggend (SA Tyd).