KRIEKET – Engeland en die Wes-Indiese Eilande het ook die agelope naweek vir opskuddings gesorg deur onderskeidelik met Indië en Australië af te reken.

Engeland het Indië in 4 dae met 28 lopies geklop in die 1ste toets van 5 in die reeks nadat die debutant draaibouler Tom Hartley 7 / 62 geneem het in die teiken van 231 wat Indië moes jaag.

*Die Windies wat met ’n onervare span na Australië toe is het die 1ste toets in die reeks van 2 verlede week binne 3 dae verloor.

Die dag-nag toets wat op Gabba gespeel is was egter ’n ander storie nadat die Windies ’n geskiedkundige en dramatiese oorwinning van 8 lopies weer na 27 jaar oor die Baggy Greens kon behaal het.

Shamar Joseph – die nuwe jong snelboulvonds van die eilandspan – was absoluut briljant en het 7 / 68 platgetrek.

error: Inhoud is beskerm !!