Engeland se vrouekrieketspan het die voortou geneem in Groep B by die T20 Krieketwêreldbeker vir vroue, na hulle gister vir Skotland geklop het met 10 paaltjies.

Die Skotte kolf eerste en vorder tot 109-vir-ses in hulle 20 boulbeurte, waarna die Engelse dames slegs 10 boulbeurte benodig het om af te jaag.

Die Suid-Afrikaanse dames is tweede in Groep B, gelyk op ses punte met die Engelse en twee punte voor die Wes-Indiese dames in die derde plek, maar beide het ‘n wedstryd minder gespeel.

Die Wes-Indiese dames sal môremiddag teen Engeland te staan kom, en sou die dames van die Karibiese eilande met ‘n oorwinning wegstap, sal die Proteas nie vorder na die halfeindrondes nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×