KRIEKET – Engeland se sukkel toer in Indië duur voort nadat sy kolwers weer nie die mas kon opkom op die 1ste dag van die 5de en laaste toets in Dharmasala nie.

Zak Crawley en Ben Duckett het goed begin en 64 lopies om die 1ste paaltjie aangeteken maar daarna het die wiele van die bus afgekom en was die besoekers almal terug in die kleedkamer vir 218.

Die draaiboul-kombinasie van Ravi Ashwin en Kuldeep Yadav het weer die meeste skade aangerig en 9 paaltjies laat tuimel vir slegs 123 lopies.

*Indië kolf Vrydag voort op 135 / 1 en sal poog om diè wedstryd buite die bereik van Engeland te plaas om ook sodoende die reeks met 4 – 1 te beklink.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×