Engeland se manskrieketspan het Woensdagaand pakslae gekry teen Indië in hulle eerste T20 in Kolkata.
Die twee nasies is in ‘n reeks van vyf T20s gewikkel en sal daarna ‘n reeks van drie eendagwedstryde speel.
Brendan McCullum het met Woensdagaand se wedstryd sy termyn as witbalafrigter afgeskop, en sy span kon slegs 132 lopies op die telbord sit voor almal uitgehaal is.
Kaptein Jos Buttler was die enigste kolwer wat weerstand gebied het met ‘n 44 bal 68.
Dit was geen toets vir Indië gewees nie, met die gasheer span wat die wenlopies in die 13de boulbeurt geslaan het om te wen met sewe paaltjies.
Die twee nasies pak mekaar weer Saterdagmiddag om drie-dertig in Chennai.