Engeland is op koers na ‘n gemaklike oorwinning oor Pakistan in die eerste toets in die reeks van drie in Multan.

Die Engelse het hul eerste beurt gesluit verklaar op ‘n massiewe 823 / 7 met puik beurte van 262 deur Joe Root sowel as Harry Brook se 317.

Pakistan het self ‘n reuse totaal van 556 lopies opgestapel maar is gevra om op te volg en teen uitskeityd op dag vier was Engeland slegs vier paaltjies weg van ’n oorwinning met die tuisspan wat reeds steier op 152 / 6.

*In wedstryd nommer 13 van die T20 Wêreldbeker-toernooi vir vroue het die Windies maklik met 8 paaltjies teen Bangladesh gewen.

Die Tiere het 103 / 8 aangeteken terwyl die eilandspan die wenteiken in die 13de boulbeurt bereik het.

Die Proteas is tans bo-aan Groep B en pak die einste Bangladesh Saterdagmiddag om 16:00 (SA Tyd) in Dubai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×