Die kaptein van Engeland se manskrieketspan, Jos Buttler, sê hul Kampioenskaptrofee kragmeting teen Afghanistan moet gespeel word.

Dit kom ondanks pleidooie om die wedstryd te boikot weens die Taliban-regering se vertrapping van vroueregte.

Volgens Buttler is ‘n boikot nie die regte manier om die situasie aan te pak nie en dat mens nie wil hê dat politieke situasies sport moet beïnvloed nie.

Hy sê verder dat hulle hoop om na die toernooi te gaan, daardie wedstryd te speel en ‘n goeie toernooi te hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×