KRIEKET – Engeland se nagmerrie by die WB-kriekettoernooi duur voort nadat Sri Lanka die Rose gister met 8 paaltjies verslaan het.
Engeland kon net 156 lopies bymekaar skraap waarna Sri Lanka die wenteiken sonder enige moeite in die 26ste boulbeurt bereik het.
Dit was ook Sri Lanka se 5de agtereenvolgende WB-oorwinning oor die heersende kampioen nadat hy sedert 2007 met die Engelse kon afreken.
*In vandag se bepalings speel die Proteas teen Pakistan met die wedstryd wat om 10:30 vanoggend begin.