KRIEKET –  Indië se o.19 Wêreldbeker span het deurgedring na hul 8ste finaal deur Australië in die halfeindronde wedstryd oortuigend met 96 lopies te klop.

Shaik Rasheed en Yash Dhull het met ‘n reuse vennootskap van 204 lopies om die 3de paaltjie die oorwinning vir hul span verseker terwyl die Aussies se kolfbeurt nie aan die gang wou kom nie en was hulle almal terug in die kleedkamer vir 194 lopies.

Indië en Engeland is ook die enigste twee onoorwonne spanne in die toernooi en ontmoet mekaar Saterdag in die eindstryd op die Sir Vivian Richards Ovaal in Antigua.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×