Engeland het die 2de kriekettoets teen Sri Lanka weereens op ’n drafstap met 190 lopies op Lord’s gewen.
Die besoekers is vir 292 in hul 2de beurt op Dag 4 uitgehaal terwyl die voormalige Engelse kaptein Joe Root as Speler van die Wedstryd aangewys is vir sy onderskeie beurte van 143 en 103 lopies.
*Engeland loop 2 – 0 voor in die reeks van 3 met die laaste toets wat Vrydag op die Oval begin.