Engeland se krieketspan het darem diè land se sport ondersteuners ’n rede gegee om einde laas die naweek te glimlag nadat hulle die Wes-Indiese in die T20-reeks met 3 – 1 kon troef.
Die besoekers het eerste gekolf en het reeds 44 lopies op die telbord gehad toe diè wedstryd in die vyfde boulbeurt gestaak is.
Engeland het die eerste drie wedstryde gewen waarna die eilandspan die vierde een kon inpalm
Die voormalige kaptein van Nieu-Seeland Tim Southee het bevestig dat die komende toetsreeks teen Engeland sy laaste gaan wees.
Volgens die 35-jarige het Toetskrieket ‘n spesiale plek in sy hart en om sy loopbaan af te sluit teen die span teen wie hy sy buiging gemaak het sal dit perfek vir hom afsluit.
Southee het sy debuut gemaak teen Engeland in Napier in 2008 en aangegaan om 104 Toetse vir die Swart Pette te speel, waar hy 385 paaltjies geneem het en sal na diè drie wedstryd toetsreeks besluit of hy nog wit-bal krieket verder gaan speel.